skip to Main Content

Boervrou Deli verower Afrivriendelik se Tinteltong Toekenning vir Lekkerste Kos

Wie is die Boervrou?

Boervrou Deli is gestig deur my, Chantelle Symons, eienaar & boervrou. Boervrou het in 2015 ‘n realiteit geword nadat ek een aand gedroom het ek besit ‘n beskuitfabriek…my droom het toe ‘n werklikheid geword. Ek het my onderwyseresloopbaan prysgegee om te bak. My boerman, Zack Symons het vir my alle baktoerusting aangekoop, hy het nie eens tweekeer gedink nie, hy het geweet, eks ‘n bakster in murg en been.

Ek het ons dubbelmotorhuis omskep in ‘n bakery en so het ek vir ‘n jaar lank net karringmelkbeskuit gebak en versprei. Bedags was daar gebak en snags gedroog. Boerman het my snags gehelp om op te staan en panne te ruil sou die droog tydperk klaar wees, en dit dan te verpak.

My pa het ‘n plaas en my ma het ‘n koei, so het ek in ‘n boervrou gegroei. Daarom die naam Boervrou. Ons hele famielie is almal ‘go-getters’ en almal boer, hetsy dit nou in die kombuis of op die plaas is, boer die boer ons. Ek was gelukkig genoeg met baie genade van bo dat Boervrou uit haar nate gebars het en ek kon uitbrei met ‘n hele reeks gebak sowel as voorbereide disse.

As jy van lekker kos hou, en met lekker bedoel ek jou OUMA se kos, sal jy hier tuis voel. Boervrou produkte is alles plaasvars, ons het ons eie hoenderboerdery wat ons voorsien van “free range” eiers, asook ons eie groentetonnel waaruit ons groente gebruik in ons voorbereide disse & pampoen beskuit. Al Boervrou se resepte is uniek en self geskryf, hierdie se ek graag met baie trots ?

Ons Afrikaners is besonders & uniek, ons laat ‘n khaki broek en hemp stylvol lyk. En ons mense kan tog so lekker eet. Ons bak, ons braai, ons spit, ons dans en ons sing in Afrikaans, ons taal jou dierbare ding! Afrikaners, my hartsmense, julle is my passie en hierdie aanlynwinkel dra ek op aan julle. O, en ook aan my varkhond Bella vir wie ek die hondekoekies reeks uitgebring het.

Ek hoop julle eet lekker….

Al my Liefde

Boervrou

x

Sluit aan by ons nuusbrief en ontvang wenke, resepte en spesiale aanbiedinge in jou inboks

Back To Top